Print This Page

Tuisblad

Kwartaaltema

Hoe begin ek my verhouding met God en hoe groei ons saam.

 

Teksvers vir dié maand

In die begin het God die hemel en aarde geskep. En God het gesien dit is goed. Genesis 1:1 en 10b.

Eredienste

 

09:00 Oggenddiens. Kleuterkerk
(4-6 jariges)
Kinderkerk
(7-9 jariges)
10:00 Kategese.

Teedrink in die kerksaalkombuis tydens kategese.
17:00 Jeugaksie.    
18:30 "Die Plan" Bybelstudie in die kerksaal. "Die Plan": Sy verhouding en kommunikasie met jou is vir God belangrik.    

 


Gemeentevisie vir 2012

Ons gemeente wil ons opnuut verbind om die Lewende Heer te eer.

Gemeentemissie

Ons verbind ons om:
Christus eerste van alles in ons lewe te stel. (Matt. 22:37)                      
Jesus Christus al meer in my gestalte te laat kry. (Gal. 4:19)
'n Lewende gebedslewe te ontwikkel. (Jak. 5:16b)
Meer onder die beheer van die Heilige Gees te kom. (Rom. 8:4-8)
Om ons deur God te laat verander deur ons gedagtes te vernuwe. (Rom. 12:2)
Ons naaste lief te hê soos onsself. (Matt. 22:39)
Lewende getuies te wees deur woord en daad. (Hand.1:8)    

 

Nuus

22-01-12
Category: General
Posted by: annelise

Om die Bybelleser te help om die groot prentjie van die Bybel se ontstaanstyd raak te sien bied Woordwyser Bybel in Konteks twee groot hulpmiddels:

  • 'n Dag-tot-dag Bybelleesprogram vir ernstige Bybellesers
    en
  • Eksegetiese en liturgiese riglyne vir gemeenteleiers.



Volgende bladsy: Afkondigings & Kennisgewings