Die Vrouediens tree op as ‘n ondersteunings-funksie vir die gemeente ten opsigte van spesiale projekte binne, sowel as buite, die gemeente. Alle vrouelidmate is outomaties deel van hierdie bediening en is baie welkom om betrokke te raak.
Elke vrou in die gemeente is vir ons belangrik – haar spesiale gawes en talente kan op ‘n besondere wyse tot eer van die Here aangewend word. Elke vrou word uitgenooi om deel te vorm van ons vriendekring, wat nie net lekker saam werk nie, maar ook opreg vir mekaar omgee, mekaar bemoedig en in mekaar se lief en leed deel.