Ons heet u hartlik welkom in dié gemeente, en mag u verblyf hier tot seën wees van ons gemeente en tot eer van ons Verlosser. U word hartlik uitgenooi om in te skakel by ons gemeente-aktiwiteite, en so deel te word van u nuwe gemeente.
Ons ontmoet u graag na die erediens by die orrelkant van die kerk, sodat u lidmaatbesonderhede verkry kan word. U lidmaatskapbewys kan sodoende aangevra word om u besonderhede op die gemeente-dataprogram te plaas.
Indien u enige navrae het, kontak gerus die kerkkantoor by 013 262 4207 of kantoor@lantic.net.